Vind antwoorde op algemene vrae oor Derek Prince Ministries en ons wêreldwye Bybel-onderrig pogings.
Derek Prince Ministries is 'n wêreldwye Christelike organisasie wat toegewy is aan die onderrig van die Bybel en die toerusting van gelowiges om volgens God se Woord te leef. Dit laat die nalatenskap van Derek Prince voortduur deur sy leringe te deel deur middel van boeke, asook klank-, video- en digitale hulpbronne.
Derek Prince Ministries word soms na verwys en afgekort as DPM.
Met meer as 45 nasionale- en uitreikkantore wat oor ses kontinente strek, het Derek Prince Ministries Derek se leringe in meer as 100 tale vertaal. Ons spanne vertaal en versprei Derek se leringe in druk, klank, video en radioformaat.
Leer meer oor die ongelooflike werk wat ons doen deur middel van ons Uitreike, deur op die skakel hieronder te klik.
UitreikeDerek Prince was 'n internasionaal bekende Bybelleraar en skrywer wie se invloedryke bediening steeds Christene wêreldwyd inspireer. Sy diepgaande begrip van die Skrif en sy toewyding aan die deel van God se Woord, het 'n blywende nalatenskap gelaat.
Om meer te leer oor Derek Prince se lewe, leringe en bydraes, besoek asseblief sy biografie.
BiografieSien asseblief ons Kontak bladsy vir volledige besonderhede.
KontakBly op hoogte van die jongste nuus en inligting vanaf Derek Prince Ministries deur in te teken op ons gemeenskapsopdaterings.
Tree met ons in verbindingOns werk saam met Bybelonderrigbedienings en teologiese kolleges wêreldwyd om pastore en gelowiges toe te rus met Derek Prince se leringe. Ons doel is om pastore te ondersteun in die ontwikkeling van hul eie oorspronklike bediening, deur gebruik te maak van 'n wye reeks Bybelse bronne.
In sommige lande bied ons konferensies aan, en in ander werk ons saam met plaaslike kerke en bedieninge. Kontak jou plaaslike Derek Prince Ministries-kantoor vir meer besonderhede.
Derek Prince Ministries plant nie kerke nie. In plaas daarvan ondersteun ons plaaslike Christenleiers in evangelisasie, dissipelskap en kerkgroei - net soos Derek Prince gedoen het. Ons missie bly dieselfde: om die onbereiktes te berek en die onkundiges te leer, dikwels deur Bybelse hulpbronne gratis te verskaf.
By Derek Prince Ministries is ons toegewyd om jou persoonlike inligting met die uiterste sorg en integriteit te beskerm. Die hantering en beskerming van jou data word gerig deur die plaaslike privaatheidsbeleid van die kantoor waarmee jy saamwerk, sowel as deur die toepaslike wette en regulasies van daardie streek. Dit verseker dat jou data verantwoordelik hanteer word en in ooreenstemming is met relevante wetlike standaarde.
Vir meer besonderhede oor hoe jou inligting ingesamel, gebruik en beskerm word, moedig ons jou aan om ons volledige Privaatheidsbeleid te lees.
PrivaatheidsbeleidOns bied 'n wye reeks Bybel-onderrigbronne aan, insluitend boeke, oudio-onderrig, videos, oordenkings en studiegidse. Baie hiervan is gratis of teen 'n lae koste beskikbaar om toeganklikheid te verseker.
Besigtig HulpbronneJa, ons bied Bybelstudiekursusse aan in sommige tale om gelowiges te onderrig in dissipelskap, en om hulle begrip van God se Woord te verdiep.
BybelstudiekursusseJa! Derek se Bybelonderrig is beskikbaar in baie tale. As jy op soek is na boeke in n spesifieke taal, besoek ons webwinkel of kontak jou plaaslike Derek Prince Ministries-kantoor vir besonderhede. Hierdie hulpbronne kan wonderlik wees vir persoonlike studie of uitreike in jou gemeenskap.
KontakAanlyn WinkelKontak asseblief jou naaste kantoor vir besonderhede oor ons vertaal- en publikasieproses.
Kontak asseblief jou plaaslike kantoor waar die aanlyn aankoop gemaak is vir verdere bystand.
KontakJy kan ons ondersteun deur gebed, finansiële skenkings, of deur vrywilligerswerk. Kontak asseblief jou plaaslike kantoor vir spesifieke besonderhede oor hoe jy ons kan ondersteun en betrokke kan raak.
SkenkIn baie lande is donasies aan Derek Prince Ministries belasting-aftrekbaar. Kontak asseblief jou plaaslike kantoor vir spesifieke besonderhede.