Algemeen
Persoonlike Inligting is enige inligting wat gebruik kan word om 'n individu te identifiseer. Byvoorbeeld, jou naam, adres, telefoonnommer, en e-posadres kan beskou word as Persoonlike Inligting.
Dit is die bediening se beleid om alle nodige stappe te neem om te verseker dat Persoonlike Inligting wat in die bediening se besit is, veilig bewaar word en eerlik en volgens die wet verwerk word, in ooreenstemming met toepaslike databeskermingsbeginsels en toepaslike privaatheidswette in die areas waar ons opereer.
Inligting wat die Bediening Van Jou Inwin
Wanneer jy die webwerf besoek, mag jy gevra word om sekere inligting oor jouself te verskaf, insluitend jou naam, kontakbesonderhede, en ander persoonlike inligting.
Die bediening mag ook inligting verlang in verband met jou gebruik van ons webwerf, sowel as inligting wat oor jou verkry is uit enige e-pos, briewe of ingevulde vorms wat jy na die bediening gestuur het.
Koekies
Soos die meeste webwerwe wat jy besoek, sal hierdie bediening se webwerf ook koekies gebruik met die doel om jou gebruikers-ondervinding te verbeter deur daardie webwerf in staat te stel om jou te onthou. Dit kan slegs wees vir die duur van jou besoek of vir toekomstige besoeke (om jou voorkeure te onthou, ens.).
Ons webwerf vereis sommige koekies om jou in staat te stel om effektief tussen bladsye te beweeg, en om gebruikers wat aangemeld het, te onthou. Byvoorbeeld, wanneer jy jou aanmeldbesonderhede intik en dan na 'n ander bladsy beweeg. sal jy nie weer gevra word om aan te meld nie, want die koekie lig die webwerf in dat jy reeds aangemeld het.
Ons gebruik ook koekies om die tipe verkeer wat die webwerf besoek, te ontleed; byvoorbeeld jou geografiese ligging, die tipe toestel wat jy gebruik, sowel as die bladsye waarna jy gekyk het, en die tyd wat jy op elkeen spandeer het. Al hierdie inligting help ons om die diens wat ons lewer aan te pas en die webwerf te ontwerp om jou ondervinding te verbeter.
Soms word koekies deur eksterne webwerwe vasgestel, wat vaste inhoud behartig op die bladsy waarna jy kyk, soos YouTube, Soundcloud, ens. Jy moet die derdeparty webtuistes ondersoek vir meer inligting hieroor.
Indien Jy Nie die Gebruik van Koekies Verlang Nie, Wat Dan?''
Inien jy die gebruik van koekies deur hierdie of enige ander webwerf wil beperk of verhoed, kan jy dit doen deur middel van jou blaaierinstellings. Die Help funksie binne-in jou blaaier sal jou inlig hoe.
Andersins kan jy www.aboutcookies.org besoek. Dit bevat uitgebreide inligting oor hoe om dit te doen vir 'n wye verskeidenheid van blaaiers. Jy sal ook besonderhede vind oor hoe om koekies van jou rekenaar te verwyder, sowel as meer algemene inligting in verband met koekies.
Vir inligting oor hoe om dit te doen op jou selfoon, sal jy na jou foon se handleiding moet kyk,
Die Bediening se Gebruik van Jou Persoonlike Inligting
Die bediening mag jou Persoonlike Inligting gebruik vir die volgende doeleindes: die monitering en voorsiening van toegang tot die webwerf, verkope en rekeninge, die ontvang van donasies, om die lede-databasis te onderhou, asook vir tegniese en reklame navorsing. Deur hierdie webwerf te gebruik, gee jy toestemming vir sulke gebruik van jou Persoonlike Informasie.
Derde Partye en die Openbaarmaking van jou Persoonlike Inligting
Die bediening behou hom die reg voor om jou Persoonlike Inligting te verskaf aan derde partye vir wie die bediening gelas om daardie Persoonlike Inligting namens hulle te gebruik vir die doeleindes soos hierbo uiteengesit. Die bediening verwag van sulke derde partye om te onderneem om jou Persoonlike Inligting slegs te gebruik vir die doeleindes wat deur die bediening bepaal word, en om toepaslike voorsiening te maak om ontoelaatbare en onwettige toegang te verhoed. Deur hierdie webwerf te gebruik, stem jy in tot sulke gebruik van jou Persoonlike Inligting.
Die bediening kan ook inligting openbaar of beskikbaar maak, insluitend jou Persoonlike Inligting, wanneer toepaslike wette en regulasies dit vereis.
Eksterne Skakels
Hierdie kennisgewing is nie van toepassing op derdeparty webwerwe nie. Ons beveel aan dat jy die privaatheidsbeleid van elke webwerf wat jy besoek, nagaan.
Google reCAPTCHA (of Soortgelyke Derde-Party Gereedskap)
Ons webwerf gebruik derdeparty gereedskap soos Google reCAPCHA om sekuriteit te verhoog en ongemagtigde aktiwiteit te voorkom. Hierdie gereedskap mag inligting versamel oor jou wisselwerking met ons webwerf, soos IP adres en gedrag, om vas te stel of 'n besoeker 'n mens is of 'n geoutomatiseerde program.
Vir meer besonderhede, hersien asseblief die privaatheidsbeleid van die besondere gereedskapvoorsiener.
Verkryging, Regstel of die Opdatering van Jou Persoonlike Inligting
Jy kan uitvind watter Persoonlike Inligting die bediening oor jou beskik, deur vir ons te skryf. Die bediening is daarop geregtig om die toepaslike wetlike fooi te vra vir hierdie diens, en om verdere inligting van jou te vra, indien nodig.
Indien enige van die Persoonlike Inligting wat die bediening oor jou het, nie reg is nie, of opgedateer moet word, of indien jy verlang dat die bediening enige Persoonlike Inligting oor jou moet skrap, of die bediening se metode om jou te kontak moet verander, e-pos asseblief jou versoek.
Kontak ons